Janet van Wyk, Landscape and Wildlife Art

Rietfontein

4 Kommissie skilderye voltooi van die plaas Rietfontein vir die plaas eienaars Wynand en Elaine Lourens. Rietfontein is gelee tussen Beaufort-Wes en de Rust. Die plaashuis is 1 van 4 huise wat deur ‘n pa vir sy 4 seuns gebou is in 1900.

Die skietplaat is sedert die tyd van die Anglo Boere oorlog gebruik om gewere mee in te skiet. Dit is so hoog soos n volwasse man en die staal is ongeveer 25 mm dik. Oorlewering vertel dat iemand al doodgeskiet is langs die klipmuur by die skietplaat. ‘n Persoon wat moes aandui waar die koeel die teiken getref het, het agter die klipmuur geskuil en moes dan na elke skoot aanwys waar die teiken getref is.

Dan is daar die ou Waenhuisie op die plaas wat so tipies is van die ou Karoo plase asook die plaasdammetjie wat baie min vol water gesien word weens die droogte jare die afgelope tyd. Dit was vir my ‘n absolute voorreg om die 4 bakens van Rietfontein te kon skilder.