Acrylic on stretched canvas
100 x 67 cm / 39 x 26 inches
Hierdie skildery het my vroegoggende opgejaag want ek kon nie wag om stukkie vir stukkie vir Oupoot op doek “lewe” te gee… Hierdie sagte reuse in ons natuur bly darem net so besonders en kruip diep in jou hart.
Baie dankie Annetjie en Vaughan vir die voorreg om hom vir julle te kon skilder.
Dankie Theuns de Bruin vir jou pragtige verwysingsfoto al die pad uit Etosha wat ek kon gebruik, waardeer dit ongelooflik baie.

