Acrylic on box canvas
75 x 68 cm / 29 x 26 inches
Het dit so geniet om hierdie unieke dier te skilder. Dankie Paul van der Merwe vir jou pragtige verwysingsfoto wat ek kon gebruik.
Ek het nooit regtig besef dat wildehonde van die mees uiteenlopende kleure onder die soogdiere het nie. Elke individu verskil in patrone en kleure a.g.v. die diversiteit van hulle onderliggende gene. Die rooi kleur om hierdie een se gesig is heel waarskynlik nog van die laaste prooi wat hy gevang het want hul gewoonte is om mekaar skoon te lek na ‘n vangs. Dankie Elize en Ian vir die voorreg om hom vir jul te kon skilder.
