Acrylic on stretched canvas
110 x 76 cm / 43 x 29 inches
Ek wou al baie lank nog ‘n skildery verf van hierdie olifant wat ek sommer “Oupoot” gedoop het. Die Etosha olifant loop hier saam ‘n ooglopende ou maat van hom van wie die tande byna heeltemaal afgewerk is. Dit is vir my so mooi toneel wat amper ‘n hartseer verwondering verwek in sig van hulle jare wat saam met hulle treë getrou aanstap. In hierdie droë, geharde omgewing vertoon hierdie ongelooflike diere net meer impossant.
Baie dankie Theuns de Bruin vir nog ‘n pragtige foto wat ek kon gebruik as verwysing. Groot waardering.
